Saterdag 15 November 2025

KRISIS – Elisabeth Eybers

INHOUD

Die krisis waarna daar in die titel van die gedig verwys word, is 'n konflik wat ontstaan het tussen die spreker se emosies (hart) en rede (hoof). Sy het 'n stadium bereik waar haar sy nie langer deur haar hart wil laat lei nie. As die hart lei, bring dit net verwarring. Die hart het vir haar ʼn las geword en voortaan sou sy dat haar hoof, haar verstand, haar lei.

In hierdie gedig is dit die hoof (verstand, rede) wat met die hart (emosie) praat. Die hoof sê dat hulle nou moet skei. Te lank het die hoof die hart gelei. Aanvanklik was dit mooi en goed, maar nou het dit te gevaarlik geword. Die pad wat nou voorlê, is vol klowe, afgronde en moerasse. Die hart is te impulsief en voortvarend om die hoof langs hierdie gevaarlike roete te lei en daarom moet hulle nou skei. Die hart is ook nie in staat om belangrike besluite te neem nie. Die hart het vir die hoof ʼn las geword en daarom moet elkeen nou sy eie paadjie gaan.

Die hoof beskuldig die hart daarvan dat hy altyd wou oorheers. Hy wou nie langer net die gasheer wees nie, maar ook die gas, nie net die seremoniemeester nie, maar ook die nar. Hy wou die hoof nooit kans gee om iets te wees nie. Die raad wat hy gegee het, was verwarrend. Noudat hulle by so ʼn gevaarlike terrein (ʼn gevaarlike stadium in hul lewens) gekom het, is dit dus veiliger vir die hoof om van die hart en sy impulsiewe besluite weg te breek.

"Kyk, dit word laat, die kermis is verby,
kan jy dit nie begryp nie? Hier moet ons skei."

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking