Saterdag 15 November 2025

KRISIS – Elisabeth Eybers

VRAE

1.

"Dis hier waar ons twee skei" Wie/Wat is "ons twee" in die gedig? Gee slegs twee toepaslike woorde uit die gedig.

2.

Watter enkele woord sê vir ons dat die skeiding onverwags moet plaasvind?

3.1

Wie/wat het aanvanklik leiding geneem?

3.2

Watter enkele woord sê vir ons hoe dit aanvanklik in daardie tyd was?

3.3

Watter twee aparte woorde sê dat dit nie meer so sal voortgaan nie?

3.4

Watter woorde sê dat die hart wil aanhou vasklou aan die dinge wat verby is?

4.

Hoe het die pad geleidelik geword waarlangs die hart gelei het?

5.

Watter vier aparte woorde van die spreker dui aan hoe haar hart vir haar geword het?

6.

Watter frase dui daarop dat die hart besluiteloos opgetree het?

7.

Watter twee woordpare dui daarop dat die hart besluiteloos opgetree het?

8.1

Met watter woord in die oktaaf staan "fees" in die sestet in verband?

8.2

Watter ander woord in strofe 2 het ongeveer dieselfde betekenis?

9.1

Hoe is die raad wat die hart aan die hoof wil gee?

9.2

Watter effek het hierdie raad op die hoof? Sê in jou eie woorde.

10.

Die spreker sê: "... waar elke tree die laaste tree mag wees". Hoekom is elke tree die laaste as jy na reël 5 van die gedig kyk?

11.

Wat moet gebeur, noudat die kermis verby is? Haal woorde uit die gedig aan.

12.

Watter woorde in die sestet dui aan dat die hart nie die logika van die hoof kan verstaan nie?

13.

Gee telkens ʼn enkele woord uit die gedig vir die volgende:

13.1

Dit ontbreek die hart aan moed.

13.2

Die hart is baie impulsief in sy optrede.

13.3

Die advies wat die hart gee, is gek.

13.4

Die hart het altyd die hoof probeer vermaak.

13.5

Die hart het vir die hoof ʼn onnodige hindernis geword.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking