REЁLVERKLARINGS
|
Reël 1 |
Soos voor elke wedloop, het die atleet die opgewondenheid van kompetisie ervaar. Sy hele wese was toegewy aan die wedloop en sy hart was "suiwer", want hy het geweet dat hy hard geoefen het en dat hy die wedloop kon wen. |
|
Reël 2 |
"Woeste" sê dat die atleet geweet het die wedloop sou nie maklik wees nie, hy sou alles moes insit, daarom het hy van die begin af voluit ("fel") gehardloop. |
|
Reël 3 |
Dit was ʼn langafstand-wedloop, maar hy het met fikse en vinnige voete elke myl uitgedaag en bewys dat hy nie bang was vir die lang afstand nie. Hy het korte mette daarvan gemaak en sy stamina deurgaans behou. |
|
Reël 4 |
Hy het geweet dat hy die vermoë het om die vinnigste atlete te oorwin. |
|
Reël 5 |
As gevolg van die lang afstand en die fisieke inspanning, het sy hart vinnig geklop en die bloed het warm deur sy are gedruis. |
|
Reël 6 |
"Winde" verwys hier waarskynlik na die spoed waarteen hy gehardloop het, so vinnig dat dit sy hare gelig het. Daar het moontlik ook ʼn ligte bries gewaai. |
|
Reël 7 |
Hy het deurgaans vinnig gehardloop, maar hy het die hele tyd die afstand wat hy nog moes aflê, in gedagte gehou. |
|
Reël 8 |
ʼn Mens kon op sy gesig sien dat hy elke oomblik van die wedloop geniet het. Hy was bewus van die krag van sy fikse liggaam. |
|
Reël 9 |
Hy kon die adrenalien deur sy liggaam voel pomp. |
|
Reël 10 |
Sy asemhaling het mettertyd versnel as gevolg van die lang afstand wat hy moes aflê; hy kon sy warm asemhaling voel. |
|
Reël 11 |
Hy was vaagweg bewus van die gedruis van die see in sy ore (hardloop hy miskien die Twee Oseane-marathon?). "Strenge moed" is ʼn verwysing na sy vasberadenheid en toewyding om die wedloop te wen. |
|
Reël 12 |
Die woord "toe" dui ʼn wending in die gedig aan: Vir die eerste keer kom daar nou iets negatiefs ("donker", "bitter") in die atleet se gemoed. Dié besef maak hom senuweeagtig en angstig. |
|
Reël 13 |
Hy word skielik bewus van ʼn ander atleet wat hom geleidelik inhaal en hy wonder wie dit kan wees. Hy is duidelik nie daaraan gewoond dat ander atlete hom naby die wenpaal inhaal nie. Die feit dat sy opponent ʼn "ongesiene makker in die loop" genoem word, dui aan dat die hardloper nog steeds voor hardloop. Hy kan nie die ander hardloper sien nie, maar hy is bewus van sy teenwoordigheid. |
|
Reël 14–15 |
Die ander atleet is kort op die hardloper se hakke en besig om hom in te haal; dis asof die ander atleet in sy nek blaas. |
|
Reël 16 |
Die onbekende atleet hoop en begeer ook om die wedloop te wen. Die hardloper wonder wie hierdie atleet is wat ook graag die wenstreep eerste wil oorsteek, die wit lint met sy bors wil breek. |
|
Reël 17 |
Hierdie versreël bevestig dat dit ʼn nuwe atleet is wat die hardloper nie geken het nie, tog wil dit voorkom of hulle moontlik vir dieselfde span gehardloop het. |
|
Reël 18 |
Waar die hardloper in die eerste paar strofes oortuig was dat hy die wedloop sou wen, besef hy nou dat sy selfvertroue geknak is. Hy sal nooit weer met soveel selfvertroue en gerustheid kan hardloop nie. |
|
Reël 19–20 |
Die atleet besef dat, alhoewel hy hierdie wedloop gewen het, ʼn ander atleet eendag die wenner gaan wees. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking