EDMS BPK – DJ Opperman
INHOUD
Die digter het vir hom ʼn stukkie grond gekoop met ʼn melkhoutboom daarop. Hy het die erf afgekamp en sy naam teen die hek geverf sodat daar geen onduidelikheid oor die eienaar se naam moet bestaan nie.
Tog sit daar ʼn janfiskaal in die melkhoutboom wat luidkeels in sy lied verkondig dat dit sy gebied is.
Verder seil die bakkapel uit die melkhoutbos en beskou die erf ook as sy eiendom, want hy teken dit in sy kronkels op die sand:
"Alles ... alles my eiendom."
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking