Donderdag 02 Maart 2023

LEESBEGRIP EN TAALOEFENING: DIE JAAR VAN DIE KONYN

DIE JAAR VAN DIE KONYN

VRAAG 2    Leesbegrip

Lees die teks hieronder en beantwoord dan die vrae daaroor.

2023: Die Jaar van die Konyn (deel 2)

Gedurende die Chinese Nuwejaar is daar verskeie taboes en bygelowe. As jy huil tydens die Nuwejaar, word daar geglo dat jy vir die res van die jaar teenspoed sal ervaar. Volgens die Chinese moet jy ook maar met vuil hare die Nuwejaar groet, want as jy jou hare dan was, spoel jy alle voorspoed en geluk weg.

Die feesvierings rondom die Chinese Nuwejaar duur 15 dae. Op Chinese Oujaarsaand kom families gewoonlik saam vir 'n jaarlikse reünie-ete. Daar word ook gewoel en gewerskaf – dis tradisie om jou huis deeglik skoon te maak. Dit simboliseer die wegvee van slegte geluk en om voorspoed en welvaart binne te nooi.

In China is die eerste drie dae vakansiedae, en dis wanneer die meeste van die feesvierings plaasvind. Die vierings se einde word deur 'n volmaan gekenmerk. Die laaste dae staan in China bekend as die Lanternfees, of die Shangyuan-fees. Volgens tradisie vaar kinders die aand die strate in met flonkerende papierlanterns.

Dis tradisie om gedurende die Chinese Nuwejaar kinders te trakteer met rooi koevertjies met geld in, wat gewoonlik in hul kopkussings weggesteek word. Die bedrae geld is gewoonlik in veelvoude van agt, of dit behels die getal agt, want die nommer in Mandaryns klink soos "ba", wat welvaart beteken.

[Aangepas uit: BEELD, Saterdag 14 Januarie 2023]

 

2.1

Kyk na die teks hierbo en sê hoekom die Chinese Nuwejaar ook die Maannuwejaar genoem word (volgens die teks in deel 1).

1

2.2

Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR.

Op Chinese Nuwejaar moet jy jou huis skoonmaak en jou hare was.

1

2.3

Wat beteken "taboes" (paragraaf 1)? Kies jou antwoord uit die volgende:

 

 

A

Voorwerpe wat mense met ink op hul liggame laat aanbring.

 

 

B

Dinge wat 'n mens nie mag doen nie.

 

 

C

Opwindende dinge wat net tydens Nuwejaar gebeur.

 

 

D

Gewone dinge wat 'n mens elke dag doen

1

2.4

Noem twee taboes waarvan ons in dié paragraaf lees.

2

2.5

Wat word die nommer agt in Mandaryns genoem?

1

2.6

Volgens die twee tekste is die nommers 8 en 12 belangrik vir die Chinese Nuwejaar. Waarna verwys elk van hierdie nommers?

2

2.7

Ongeveer hoe lank vier die Chinese Nuwejaar?

 

 

A

'n maand

 

 

B

twee weke

 

 

C

'n dag lank

 

 

D

Hulle vier nie Nuwejaar nie

1

2.8

Gee 'n frase (drie opeenvolgende woorde) wat beteken: om hard te werk

1

2.9

Watter woord dui aan dat die papierlanterns brand terwyl die kinders daarmee in die strate loop?

1

2.10

Waarvoor maak slegte geluk plek as jou huis op die Chinese Nuwejaar skoon is? Gee twee enkele woorde as antwoord.

2

2.11

Wat noem 'n mens 'n geleentheid waar 'n groep mense na 'n lang ruk weer bymekaarkom om te kuier? Vind die woord in die leesteks.

1

2.12

Ons lees in die twee tekste van die "Lentefees" en die "Shangyuan-fees". Is dit dieselfde ding? Verduidelik jou antwoord kortliks.

1

 

 

[15]

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking