HOOFSTUK 46
Donker web Meerkeusige Vrae
Hoofstuk 46
46.1 |
Hoekom is Plank seker niemand weet wat hy oor die foon vir Lisa gesê het nie? |
|
|
A |
Hy het baie sag met Lisa oor die foon gepraat. |
|
B |
Hy het gevra Candon moet seker maak niemand luister nie. |
|
C |
Hy het die hele tyd Afrikaans met Lisa gepraat. |
|
D |
Hy het voorgegee dat hy met Candon praat en nie met Lisa nie. |
46.2 |
Wat hoor Greg wanneer hy op die kussings beland nadat hy gespring het? |
|
|
A |
Hy hoor hoe daar hard aan die voordeur geklop word. |
|
B |
Hy hoor die sirene van 'n polisievoertuig wat vinnig naderkom. |
|
C |
Hy hoor hoe stemme skreeu dat hulle die deur moet oopmaak. |
|
D |
Hy hoor hout kraak wanneer die voordeur oopgebreek word. |
46.3 |
Hoe reageer Plank wanneer Greg van hom afskeid neem? |
|
|
A |
Hy vra verskoning vir al die foute wat hy gemaak het. |
|
B |
Hy omhels Greg met trane in sy oë. |
|
C |
Hy gee vir Greg 'n Lawson-handdruk. |
|
D |
Hy loop weg, want hy is baie kwaad vir Greg. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking