Donderdag 06 Oktober 2022

Donker web Meerkeusige Vrae Hfs 44

HOOFSTUK 44

Donker web Meerkeusige Vrae Hoofstuk 44

44.1

Watter antwoord is verkeerd? Om Schengen-visums te kry, moet Greg en Plank ...

 

A

'n afspraak maak om vir die visum aansoek te doen.

 

B

hul aansoek minstens twee weke voor hul vertrek indien.

 

C

vir Belgiese of Nederlandse paspoorte aansoek doen.

 

D

die papierwerk vir die visum in Suid-Afrika afhandel.

44.2

Wat is die voordeel van 'n Schengen-visum?

 

A

'n Mens het nie 'n paspoort nodig as jy 'n Schengen-visum het nie.

 

B

'n Mens kan gratis openbare vervoer in Europese stede gebruik.

 

C

Net Xander en Ayla kan Italië toe reis om die Baker te gaan soek.

 

D

'n Mens kan verskeie Europese lande met 'n Schengen-visum besoek.

44.3

Wat verstaan jy onder die term 'Technium"?

 

A

Dit verwys na tegnologie se invloed op ons wêreld.

 

B

'n Mens moet tegnies aangelê wees om dit te gebruik.

 

C

Dit vereis verskillende tegnieke om daarmee te werk.

 

D

Dis 'n kollege waar 'n mens in 'n tegniese rigting kan studeer.

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking