Woensdag 05 Oktober 2022

Donker web Meerkeusige Vrae Hfs 31

HOOFSTUK 31

Donker web Meerkeusige Vrae Hoofstuk 31

31.1

Wat doen Greg en Plank na die teleurstellende ontmoeting met Xander?

 

A

Hulle gaan soek 'n geskikte hotel.

 

B

Hulle gaan eet by 'n restaurant.

 

C

Hulle besoek die Blou Moskee.

 

D

Hulle haal 'n trem na die hotel.

31.2

Wat belowe Greg en Plank mekaar daardie nag?

 

A

Hulle sal huil as hulle hartseer flieks sien.

 

B

Hulle sal altyd beste vriende bly.

 

C

Hulle sal eendag stout kinders hê.

 

D

Hulle kinders sal nie Lawson Kollege toe gaan nie.

31.3

Ons lees: "Die verligting maak my byna dronk in die kop ..."

Waaroor is Greg so verlig?

 

A

Hy is verlig dat Plank voorstel hulle moet sightseeing gaan doen.

 

B

Hy is verlig dat Xander nog vir Plank van hul skooldae kan onthou.

 

C

Hy is verlig dat Xander nie die transponder in Plank se hand sien nie.

 

D

Hy is verlig dat Xander bereid is om hom 'n tweede kans te gee.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking