Dinsdag 07 Junie 2022

Donker web Meerkeusige Vrae Voorgebeure

VOORGEBEURE IN DONKER WEB

Die voorgebeure berei ons voor op gebeure wat gaan volg. Dis die aanloop tot die verhaal en het dus 'n belangrike funksie in hoe die verhaal verder ontwikkel en as motivering vir Xander Gericke se obsessie om hom op die Baker te wreek vir sy rol in die dood van sy pa. Hy het hom reeds op Chris Owen en Dok Pienaar gewreek en nou is dit Sebastian Stadler se beurt.

In die voorgebeure daag twee vreemde mans wat skynbaar deur Dok Pienaar gestuur is, een aand onverwags by die Gerickes se huis op. Hy word in sy eie huis aangerand. Hierdie gebeure skakel direk met die teregstelling van regter Gericke waarvan ons in detail in hoofstuk 22 ('n Afgryslike einde) lees. Greg herleef dieselfde gebeure ook in 'n droom in hoofstuk 62 (Ritueel in die donker) waar hý die Baker se slagoffer is.

Donker web Meerkeusige Vrae Voorgebeure

Watter een van die volgende feite is ONWAAR?

1.

Xander kom op elfjarige ouderdom by sy pa se studeerkamer in

 

A

Sy pa sit op 'n leerstoel voor die kaggel.

 

B

Sy pa het skynbaar gehuil.

 

C

Hy sien 'n geel koevert en 'n 9 mm-pistool op die lessenaar.

 

D

Hy pa vou die pistool in 'n lap toe en plaas dit in die laai.

2.

Xander kom op twaalfjarige ouderdom by sy pa se studeerkamer in

 

A

Daar lê orals papiere om sy pa.

 

B

Hy hoor sy ma iewers in die huis gil.

 

C

Sy pa haal die pistool uit sy lessenaarlaai.

 

D

Sy pa soen hom op sy voorkop.

3.

Xander se pa se aanvallers

 

A

Daar is twee van hulle.

 

B

Hulle dreig Xander se pa met 'n vuurwapen.

 

C

Xander hoor vrees in sy pa se stem.

 

D

Een van hulle slaan Xander se pa met die vuis.

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking