Opsomming
Sarita se broer Petrus viktimiseer haar voortdurend en sy wens hy wil daarmee ophou. |
Hy respekteer nie haar privaatheid nie en bars sommer ongevraagd by haar kamer in. |
Hy kry Sarita se dagboek in die hande en lees van haar verliefdheid op die sportheld Stef. |
Hy kry 'n diaboliese plan om Sarita se verliefheid op Stef tot sy eie voordeel te gebruik. |
Petrus se houding teenoor Sarita verander en hy wil gedurig meer van haar en Stef weet. |
Hy neem hul vertroulike gesprekke op sy selfoon op en speel dit dan vir Stef en sy maats. |
Sarita hoor hoe die ander seuns lag wanneer Petrus dit vir hulle in die kleedkamer speel. |
Sy is uiters geskok as sy besef wat Petrus doen en hoe hy haar vertroue in hom verraai. |
Petrus probeer verduidelik dat hy dit gedoen het om ander seuns se vriendskap te koop. |
Hy erken teenoor Sarita dat sy nie die enigste een is wat op Stef verlief is nie – hy is ook. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking