Dinsdag 22 Februarie 2022

Brander en ander: Varing - Jaco Jacobs (Opsomming)

Opsomming

Tasha het die vorige dag 'n klein tatoe van 'n varingblaar op haar bobeen laat aanbring.

Sy en haar pa gaan na ouma Lana toe vir 'n braai; oom Dirk-hulle gaan ook daar wees.

Ouma Lana voltooi dikwels nie haar sinne nie sodat 'n mens self moet aflei wat sy wil sê.

Sy is bly Tasha het haar verhouding met die ou met die tatoes en motorfiets verbreek.

Tasha skrik as sy sien dat die tatoe onder haar rompie uitsteek en sy vlug badkamer toe.

Terwyl Tasha gemaklik op die toiletsitplek sit, dink sy oor baie dinge in haar lewe na.

Sy hou nie van jok nie, maar het gejok deur te sê dat haar en Rick se verhouding verby is.

Sy dink aan haar ma se dood en dat die familie nie oor haar wil praat nie – stilbly is soos jok.

As Tasha later haar toppie oplig, verbeel sy haar dat die varingtatoe baie groter geword het.

Sy hou baie van wat sy sien en wil dit nie langer onder haar klere wegsteek nie – sy blom.

 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking