Eendag is eendag - Marlene Smit (Kommunikasie)
Elke respons moet 15–20 woorde lank wees.
VRAE
1. |
William het so pas gehoor dat hy R800 in die danskompetisie gewen het. Hy kan dit nie glo nie en roep verheug en opgewonde uit dat hy glad nie verwag het om gekies te word nie. Skryf sy woorde neer. |
2. |
Oupa Livingstone waarsku William om baie versigtig met sy prysgeld te wees en wil nuuskierig weet wat William met die geld gaan doen. Wat sê hy vir William? |
3. |
William haal die toerspan en Henk se ma wens hom baie geluk. Sy bedank hom vir al sy harde werk en dat hy so hard geoefen het. Wat sê sy vir William? |
4. |
Henk het ongelukkig nie die toerspan gehaal nie en William voel jammer vir hom. Hy probeer Henk troos en aanmoedig om volgende keer harder te probeer. Wat sê William vir Henk? |
5. |
William gaan kliniek toe om sy vigs-uitslae te kry. Hy is baie bang. Wat sê die klinieksuster om hom te kalmeer en gerus te stel, en watter goeie nuus het sy vir hom oor sy MIV-status? |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking