Vrydag 30 Julie 2021

Leesbegrip vir DBE-skole (2)

TAALOEFENING

HADEDA VLIEG ROND – MET PYL IN RUG

Dit lyk nie of 'n hadeda met 'n 1 (pyl) in sy rug op die oomblik gepla is met dié 2 (vreemde) voorwerp wat hy met hom saamdra nie.

Die pyl het vermoedelik 3 (slegs) deur die hadeda se rugvel gegaan. Hoewel hy nie op die oomblik enige pyn het nie, mag 'n klein 4 (probleem) dalk later 'n heelwat 5 (groot) probleem word.

Dit is 6 (nie duidelik) hoe die pyl in die hadeda se rug beland het nie, maar moontlik het 'n kind wat 'n pyl en boog 7 (persent/present) gekry het, die hadeda daarmee geskiet. 8 Kinders moet leer om nie sommer enige lewendige ding te skiet nie.

Dié hadeda is nog baie 9 (siek) en vliegfiks. 10 (A.g.v.) die pyl kan die hadeda later infeksie kry. Hy moet gevang word 11 (sodat hulle die pyl kan uithaal).

Die hadeda is 12 (Woensdag) vir die eerste keer in Greenside, Johannesburg, opgemerk, en hy dwaal nog die hele tyd in die omgewing rond. 13 Die (soektog) na die hadeda Donderdag was onsuksesvol. Sodra mense tot die hadeda se 14 (red) wou kom, gee hy pad – sonder enige gesukkel.

Brendan Murray is een van die 15 (ervare) voëlvangers in Suid-Afika. Hy het 'n 16 (help) hand aangebied om die hadeda te vang.

Hy het 17 (Vrydagmiddag) op die voël afgekom waar hy op 'n dak gesit het. Hy wou die voël met 'n 18 (net) vang, maar die hadeda wou niks weet nie. Hoe nader hulle aan die voël gekom het, hoe 19 (kalmer) het hy geword.

Om 'n hadeda te vang, is 20 (beslis) nie kinderspeletjies nie.

[Verwerk uit BEELD, Saterdag 31 Januarie 2021]

1.

Gebruik die HOMOFOON van pyl in 'n sin sodat die betekenis duidelik is.

Dit lyk nie of 'n hadeda met 'n (pyl) in sy rug op die oomblik gepla is nie.

1

2.

Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.

Die hadeda dra 'n (vreemde) voorwerp met hom saam.

1

3.

Gee 'n SINONIEM vir die woord tussen hakies.

Die pyl het vermoedelik (slegs) deur die hadeda se rugvel gegaan.

1

4.

Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.

'n Klein (probleem) mag dalk later 'n groot probleem word.

1

5.

Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies.

Die probleem kan dalk later (groot) as nou word.

1

6.

Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

Dit is (nie duidelik) hoe die pyl in die hadeda se rug beland het nie.

1

7.

Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies.        

'n Kind het 'n pyl en boog (persent/present) gekry.

1

8.

Verbeter die FOUTIEWE WOORDKEUSE in die sin.

Kinders moet leer om nie somer enige lewendige ding te skiet nie.

1

9.

Gee 'n ANTONIEM vir die woord tussen hakies.

Dié hadeda is nog baie (siek) en vliegfiks.

1

10.

Skryf die afkorting tussen hakies in WOORDE neer.

(A.g.v.) die pyl kan die hadeda later infeksie kry.

1

11.

Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF.

Hy moet gevang word (sodat hulle die pyl kan uithaal).

1

12.

Gee die AFKORTING vir die woord tussen hakies.

Die hadeda is (Woensdag) vir die eerste keer in Greenside opgemerk.

1

13.

Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.

Die (soektog) na die hadeda Donderdag was onsuksesvol.

1

14.

Gee 'n SELFSTANDIGE NAAMWOORD van die woord tussen hakies.

Sodra mense tot die hadeda se (red) wil kom, gee hy pad.

1

15.

Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.

Brendan Murray is een van die (ervare) voëlvangers in Suid-Afika.

1

16.

Vorm 'n DEELWOORD van die werkwoord tussen hakies.

Hy het 'n (help) hand aangebied om die hadeda te vang.

1

17.

Verander die WOORDORDE van die sin deur met die woord tussen hakies te begin.

Hy het (Vrydagmiddag) op die voël afgekom waar hy op 'n dak gesit het.

1

18.

Gebruik die HOMONIEM van net sodat die betekenis duidelik is.

Hy wou die voël met 'n (net) vang.

1

19.

Gee 'n ANTONIEM vir die woord tussen hakies.

Hoe nader hulle aan die voël gekom het, hoe (kalmer) het hy geword.

1

20.

Gee 'n SINONIEM vir die woord tussen hakies.

Om 'n hadeda te vang, is (beslis) nie kinderspeletjies nie.

1

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking