HOOFSTUK 19
WOORDSTRUKTURE
Intensiewe vorms
Skryf die intensiewe vorm van die woorde tussen hakies korrek in die konteks neer:
Na 'n 1 (koud) ___ nag is Kersdag vol sonskyn. Barries is 2 (verveeld) ___ en stap buitetoe. Hy sien Stef se 3 (rooi) ___ Beach Buggy by die rotse en hoe Stef 4 (vinnig) ___ oor die rotse klouter. Jona is nou weer 5 (fris) ___ en stap saam met Barries teen die heuwel op. Fillie is 6 (benoud) ___ as hy sien wat Barries beplan, want hy weet Stef sal 7 (kwaad) ___ wees as hy vir Barries by Olga vang. Olga maak die voordeur 8 (oop) ___ wanneer Barries 9 (hard) ___ klop. Hy sien dat die huis 10 (oud) ___ en baie vervalle is.
Olga dra 'n 11 (geel) ___ sarong met 12 (swart) ___ sandale. Sy het een van haar 13 (klein) ___ bikinitoppies aan. Die kombuis is 14 (warm) ___, want Olga is besig om te kook. Barries skrik hom 15 (lam) ___ wanneer Stef skielik buite stilhou. Hy spring onder die bed in. Dis 16 (donker) ___ en hy kan niks sien nie. Stef is 17 (moeg) ___ na sy onsuksesvolle poging om vis in die hande te kry. Hy vertel dat hy gesien het hoe die 18 (ryk) ___ miljoenêrs se bote verbyvaar terwyl 'n paar 19 (jong) ___, 20 (arm) ___ vissermanne sukkel om vis uit hul bootjies te vang.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking