HOOFSTUK 19
SINSTRUKTURE
Direkte en indirekte rede:
Skryf die sinne in die direkte of indirekte rede oor soos aangedui:
1. |
As Olga die deur oopmaak, wil Barries weet hoekom hulle plek so vol en deurmekaar is. |
|
As Olga die deur oopmaak, vra Barries: "..." |
2. |
Hy sê: "Sies, die plek lyk soos 'n varkhok!" |
|
Hy sê afkeurig ... |
3. |
Barries wil hê Olga moet by hom en Paul kom bly as sy van Stef af wil wegkom. |
|
Barries sê: "Olga, ..." |
4. |
Stef hou buite die huis stil en Olga sê Barries moet onder die bed wegkruip. |
|
Stef hou buite die huis stil en Olga sê: "..." |
5. |
"Ek sal intussen vir Stef uit die slaapkamer probeer hou." |
|
Sy belowe om ... |
6. |
Sodra dit veilig is, moet Barries weghardloop. |
|
"Barries, ..." |
7. |
As Stef inkom, roep hy na Barries en hy wil weet wat Jona op sy werf doen. |
|
As Stef inkom, roep hy: "...?" |
8. |
Olga sê: "Stef, ek is alleen by die huis." |
|
Olga verseker Stef dat ... |
9. |
Stef vertel dat Barries se ma met ‘n mes gesteek is en dat haar toestand kritiek is. |
|
Stef sê: "..." |
10. |
‘n Polisie-vriend het vir Paul in die kerk kom sê dat sy eks-vrou ernstig beseer is. |
|
‘n Polisie-vriend het vir Paul in die kerk kom sê: "..." |
HOOFSTUK 19
Gemengde oefening
1. |
Die nag is baie stormagtig. Kersdag is kalm en rustig. |
|
Nadat ..., ... |
2. |
Stef se Beach Buggy staan onder by die rotse. Stef klouter met sy pylgeweer oor die rotse. |
|
Stef se Beach Buggy staan onder by die rotse waaroor ... |
3. |
‘n Yl streep rook trek by Stef-hulle se skoorsteen uit. |
|
By Stef-hulle se skoorsteen ... |
4. |
Fillie Booysen waarsku Barries om nie na Olga toe te gaan nie. |
|
Fillie Booysen sê: "Barries, jy ..." |
5. |
Barries gaan nogtans, gevolg deur ‘n baie onwillige Jona. |
|
Barries gaan nogtans, en 'n baie onwillige Jona ... |
6. |
Olga maak dadelik die deur oop as Barries klop. |
|
Olga huiwer nie 'n oomblik om ... |
7. |
Olga vertel dat sy terug Namibië toe gaan en sy smeek Barries om saam te kom. |
|
Olga sê: "..." en sy smeek: "Barries, ..." |
8. |
Haar vriend Butcher kan paspoorte reël. Hy kan vliegkaartjies reël. |
|
Haar vriend Butcher kan sowel ... |
9. |
Barries waarsku Olga teen Butcher, want hy kan gevaarlik wees. |
|
Olga ..., aangesien ... |
10. |
Olga neem Barries slaapkamer toe om vir hom sy spesiale “kersgeskenk” te gee. |
|
Olga neem Barries slaapkamer toe sodat ... |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking