Sondag 04 Oktober 2020

ASEM DEUR JAN VERMEULEN KONTEKSTUELE VRAAG

ASEM – JAN VERMEULEN

KONTEKSTUELE VRAAG

In ASEM word karakters se emosies dikwels weerspieël deur die manier waarop hulle hul voertuie bestuur. Kyk na die volgende aanhalings as bewys daarvan. Beantwoord dan die kontekstuele vrae wat oor elke aanhaling gevra word.

 

Toe die Isuzu voor die huis stilhou, klim Stef sonder 'n woord oor in sy Beach Buggy. Olga draf die houttrappe af en wip langs hom in. Die Buggy se agterwiele grawe in die los grond soos hy wegtrek. (bladsy 149)

 

1.

Olga het kort tevore hoogs ontsteld by Paul se huis aangekom. Waaroor was sy so ontsteld? (2)

2.

Waar was sy en Barries terwyl Paul na Stef se huis toe gegaan het? (1)

3.

Wat was blykbaar die rede vir Stef se optrede? (1)

 

Hy klou aan die kragstuur en fokus op die kronkelpad. Heuwel op en heuwel af. Om 'n haarnaald lig die bakkie se linkerkant gevaarlik en die wêreld kantel. 'n Vloek en 'n skietgebed en dan tref die wiele weer die grond met 'n slag. (bladsy 153)

 

4.

Waarheen is Barries so haastig op pad, en wat is die rede daarvoor? (2)

5.

Hoekom bestuur Barries die bakkie en nie Paul nie? (2)

6.

Wat gebeur by dieselfde haarnaalddraai wanneer Barries op pad terug is? (1)

7.

Watter slegte nuus kry Barries by die haarnaalddraai op pad terug Seeplaas toe? (1)

 

Hy klim in en slaan die deur ongenadiglik hard toe."Kom ons ry, Barries."

"Ry jy. Ek loop terug."

Die Isuzu se enjin dreun. Die wiele knars oor die losgrond. (bladsy 189)

 

8.

Waar is Paul en Barries op hierdie oomblik? (1)

9.

Hoekom het Barries hom daarheen gehaas? (1)

10.

Wat het Paul hier kom doen? (1)

11.

Waarvan beskuldig hy die mense? (1)

12.

Watter kompromis is Paul uiteindelik bereid om aan te gaan? (1)

 

Die volgende is 'n haakhou teen die kaak wat die reus se knieë laat knak en hom eenkant toe laat steier tot hy die grond uitgestrek tref.

Terwyl Olga by Stef hurk, klim Paul in sy Isuzu en trek in 'n stofstorm weg. (bladsy 201)

 

13.

Waar speel hierdie toneel af? (1)

14.

Wie is "die reus" na wie daar in die aanhaling verwys word? (1)

15.

Watter spesiale dag is dit? (1)

16.

In watter opsig is Barries verantwoordelik vir die konfrontasie wat hier plaasvind? (1)

 

Barries word agterin 'n wit BMW gebondel.

"Ek is majoor Willie Schultz en ons vat jou aanklagkantoor toe," sê die man langs hom en praat nie weer tot hulle in 'n stofwolk in die agterplaas van die polisiestasie stilhou nie. (bladsy 218)

 

17.

Wat was Barries besig om te doen toe Willie Schultz hom gegryp en in die BMW geboender het? (1)

18.

Hoe het Willie Schultz geweet dat hy Barries moes dophou? (1)

19.

Wat het jy voorheen van Willie Schultz gelees? (1)

20

Waarheen is Barries eintlik op pad, en wat is die rede daarvoor? (2)

 

Hy klim in die Mercedes en slaan die deur hard toe. Hy trek met skreeuende bande weg, hoewel die sekuriteitswag by die ingang nie eens wakker word nie. (bladsy 225)

 

21.

Waar speel hierdie toneel af? (1)

22.

Wat het Barries so pas gesien wat hom ontstel het? (1)

23.

Waarheen jaag Barries? (1)

24.

Watter slegte nuus kry hy wanneer hy daar aankom? (1)

 

Dan jaag hy na Butcher se 24-uur-hoekwinkel waar hy die rempedaal met mening trap sodat die effek van die ABS-remme rookwolke onder die bande veroorsaak. (bladsy 241)

 

25.

Wat doen Barries op pad na Butcher wanneer hy by Lizette en die De Kocks se huise verbyry? (1)

26.

Wat het Barries skynbaar besef toe hy Olga se nuwe (stukkende) selfoon in die vullisblik kry? (1)

27.

Hoe bevestig Butcher Barries se vermoedens? (1)

28.

Hoekom het Butcher dit gedoen, volgens hom? (1)

 

"Moenie roer nie. As jy roer, of as jy agter my aankom, sál ek jou skiet." Dan swaai hy om en hardloop na die Mercedes. Met die pistool onder die sitplek ingedruk, jaag hy hospitaal toe. (bladsy 245)

 

29.

Sê kortliks hoe Barries Paul se pistool in die hande gekry het. (2)

30.

Waar het Barries die pistool gehou terwyl hy gedreig het om Butcher te skiet? (1)

31.

By die hospitaal word Barries nie by sy ma toegelaat nie. Watter "menslike engel" ontmoet hy terwyl hy kyk hoe sy ma slaap? (2)

32.

Wat sê sy vir Barries van vergifnis? (2)

 

Hy trek met 'n spoed weg. Op pad terug woonstel toe swenk 'n motorfiets met 'n skellende sirene en flikkerende blou ligte skielik voor hom in. Hy slaan remme aan en verloor amper beheer oor die Mercedes. Toe hy die motor met twee wiele op die sypaadjie tot stilstand het en die motorfiets verder jaag, besef hy met 'n lam gevoel die blou ligte was nie vir hom bedoel nie. (bladsy 247)

 

33.

Waarvandaan kom Barries nou net? (1)

34.

Watter verkeersoortreding het Barries begaan dat die motorfiets hom moontlik sou wou aftrek? (1)

35.

Kort na hierdie amperse ongeluk gebeur daar iets in die woonstel wat Barries groot laat skrik. Wat is dit? (2)

 

Ons lees dikwels van voertuie in die boek. Pas elke keer die voertuig en die eienaar bymekaar. Skryf slegs die nommer en letter neer wat bymekaar pas.

 

 

VOERTUIG

 

EIENAAR

1.

wit BMW

A

Paul Barnard

2.

rooi Beach Buggy

B

Theo de Kock

3.

groen Opel Kadett

C

Nico Schreuder

4.

Isuzu-bakkie

D

Vera Barnard

5.

Opel Astra

E

Willie Schultz

6.

Mercedes Benz

F

Jassie du Toit

7.

wit Pajero

G

Stef Jonker

 

 

 

(7)

 

 

 

Totaal: 50

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking