Dinsdag 18 Augustus 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


HOOFSTUK 14

SINSTRUKTURE

A.             Infinitief

Skryf die sinne hieronder oor deur die infinitief te gebruik:

1.
Paul drink brandewyn wanneer Barries in die werkswinkel kom.

Paul is besig ...




2.
Paul wil baie van Barries se vrae nie beantwoord nie.

Paul weier ...




3.
Paul sê Barries moet die werkswinkel dadelik verlaat.

Paul beveel Barries ...




4.
Paul sal Barries die volgende dag veearts toe neem.

Paul stem in ...




5.
Olga vra dat Barries saam met haar rotse toe moet gaan.

Olga versoek Barries ...




6.
Barries se ma vra dat hy nie weer dagga moet gebruik nie.

Barries se ma smeek hom ...




7.
Paul bring Jona huis toe, want hy verlang baie na Barries.

Paul besluit  ... omdat ...




8.
Jona klim by die stoeptrappies op, maar hy sukkel.

Jona probeer ..., maar hy sukkel.




9.
Jona moet hom stil gedra sodat hy heeltemal kan herstel.

Jona moet hom stil gedra om ...




10.
Barries sê Paul moet iets doen oor Stef wat vir Olga aanrand.

          Barries daag Stef uit om ...





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking