Dinsdag 04 Augustus 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 14

WOORDSTRUKTURE

Voer die opdragte tussen hakies uit:

1.
Barries rig 'n (waarsku – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ tot Paul oor die brandewyn, maar Paul sê brandewyn maak net van hom 'n (aggressie – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ mens.


2.
Paul en Stef werk (gedurende die dag – gee een woord) ___ aan die opwekker terwyl         Barries en Olga mekaar (gesels – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ hou.


3.
By 'n (rotspoel – gee die verkleiningsvorm) ___ sien Barries hoe Olga se (rooi – gee die intensiewe vorm) toonnaels 'n seekatjie naderlok. Hy sê ("Eina", "Hoera", "Sjoe" – kies die regte uitroep) ___, want die weer is baie warm.


4.
Volgens Olga (kies, verkies – gee die regte woord) ___ sy sterk dwelms (tot, met, bo – kies die regte voorsetsel) ___ dagga.


5.
(In die aande – gee een woord) ___ drink Paul-hulle bier en braai vleis. (In die nag – gee een woord) ___ slaap Stef en Olga in een van die (gas + kamer – gee die regte samestelling) ___.


6.
Jona se 'n operasie in (PE – skryf die woorde) ___ gaan (R8 000 – skryf in woorde) ___ kos, maar Barries kry baie minder as dít by (Wolf – gee die verkleiningsvorm) ___ se (pand + winkel – gee die regte samestelling) ___


7.
          Barries wil weet hoekom sy (ma en pa – gee een woord) ___ hom nie vertel het dat Paul 'n (moord – gee 'n afgeleide persoonsnaam) ___ was wat tyd in die (gevangenis – gee 'n sinoniem) ___ deurgebring het nie.


8.
Paul gaan dorp toe om (skoonmaakmiddels, blikkieskos, ander kos – gee 'n versamelnaam) ___ te koop en bring Jona saam terug. Barries is selfs (opgewonde – gee die vergrotende trap) ___ om Jona te sien as toe hy hom die (een – gee die regte rangtelwoord) ___ keer gesien het.


9.
Volgens Paul het Stef vir Olga (aanrand – gee die regte vorm). Haar oog is (blou – gee die intensiewe vorm) ___ en dit lyk of sy (bang – gee die intensiewe vorm) ___ vir Stef is.


10.
Paul (warns – gee die Afrikaans) ___ Barries en sê hy moet (careful – gee die Afrikaans) vir rondlopers in die omgewing wees, want hulle is (dangerous – gee die Afrikaans) ___ mense en gewoonlik (wapen – gee 'n afgeleide werkwoord) ___.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking