HOOFSTUK 13
WOORDSTRUKTURE
Voer die opdragte tussen hakies uit:
1.
|
Jona lê (op, in, langs - kies die
regte voorsetsel) ___ die ondersoektafel terwyl die veearts (vir, in, met -
kies die regte voorsetsel) ___ haar stetoskoop (vir, na, deur - kies die
regte voorsetsel) ___ sy hartklop luister.
|
|
|
|
|
2.
|
Dit is die (een – gee die
rangtelwoord) ___ keer dat Barries daar kom, maar hy is baie (indruk – gee 'n
afgeleide werkwoord) ___ met Gretha Hakinin.
|
|
|
|
|
3.
|
Die veearts ondersoek elke dag baie (pets – gee die Afrikaans) en sy is
baie (geduld – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ met hulle.
|
|
|
|
|
4.
|
Volgens (doktor, dokter, dogter – kies
die regte woord) ___ Hakinin is Jona nog 'n (jonk – gee die regte vorm) ___
hond wat in 'n (goed – gee die regte vorm) ___ kondisie is.
|
|
|
|
|
5.
|
'n Operasie op Jona sal (baie duur –
gee die intensiewe vorm) ___ wees en dokter Hakinin dink nie Barries sal dit
kan (kos – gee 'n afgeleide werkwoord) ___ nie.
|
|
|
|
|
6.
|
Barries trek (R1 500 – skryf in
woorde) ___ by 'n (OTM – skryf in woorde) ___ om vir Jona se (versorg – gee
'n afgeleide naamwoord) ___ te betaal.
|
|
|
|
|
7.
|
In die hoofstraat sien Barries hoe die
Nigeriër dagga (goedkoop – gee die intensiewe vorm) ____ aan 'n meisie (koop,
gekoop, verkoop – kies die regte woord) ___. Barries koop egter net 'n
(halsband – gee die verkleining) ___ vir Jona.
|
|
|
|
|
8.
|
Barries noem Paul 'n (persoon wat
iemand doodgemaak het – gee een woord) ___ en 'n (persoon wat in die tronk
was – gee een woord) ___.
|
|
|
|
|
9.
|
Volgens Paul was hy vier jaar lank in
die (gevangenis – gee 'n sinoniem) ___. Dit lyk of hy nou 'n (goed) ___ mens
as voorheen is.
|
|
|
|
|
10.
|
Barries dink hy het Paul se gene (inherited – gee die Afrikaans) ___ en
dat hy dieselfde (pad – gee die verkleining) ___ as Paul loop.
|
|
|
|
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking