Maandag 01 Junie 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


HOOFSTUK 7

SINSTRUKTURE

A.     Infinitief

Skryf die sinne hieronder oor deur die infinitief (lank of kort) te gebruik:

1.
Barries is vies dat sy pa hom nie self kom haal het nie.

Barries is vies dat sy pa nie die moeite gedoen het om ...




2.
As Barries gereeld sy oogdruppels gebruik, sal sy oë gou beter word.

Deur ..., behoort ...




3.
Nico gee vir Stef 'n koevertjie wat hy vir Barries se pa moet gee.

Nico gee vir Stef 'n koevertjie om ...




4.
Stef probeer sy bes. Hy wil nie vir Barries kwaad word nie.

Stef probeer sy bes om ...




5.
Stef waarsku dat Barries sy houding teenoor sy pa moet verander.

Stef waarsku Barries om ...




6.
Barries soek dringend 'n selfoon sodat hy Lizette kan bel.

Barries soek dringend 'n selfoon om ...




7.
Volgens Stef kom meisies elke somer. Hulle lê bostukloos in die son en bak.

Volgens Stef kom meisies elke somer om ...




8.
Stef sien 'n reuse-walvis en hou stil sodat hulle dit beter kan sien.

Stef sien 'n reuse-walvis en hou stil om ...




9.
Die Beach Buggy gaan staan weer en Barries moet dit stoot.

Die Beach Buggy gaan staan weer, maar hierdie keer hoef ...




10.
Barries voel siek en sal nooit weer vleispasteie eet nie.

Barries voel siek en het besluit om ...  




         
[Bron: pinterest.com]

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking