Maandag 01 Junie 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 7

WOORDSTRUKTURE

Voer die opdragte tussen hakies uit:

1.
Die (vleispasteie – gee die verkleining) ___ en die (koeldranke – gee die verkleining) ___ was (koud – gee die intensiewe vorm) ___ toe Barries dit gekoop het.




2.
Stef is nie een van Barries se (laf – gee die regte vorm) ___ dwelmmaatjies nie en waarsku hom om hom te (behave – gee die Afrikaans) ___ en om nie te (swear – gee die Afrikaans) ___ nie.




3.
Stef vertel dat die Oos-Kaap 'n (arm – gee die intensiewe vorm) ___ provinsie is. Die mense se (finansie – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) situasie ___ is die (sleg – gee die oortreffende trap) ___ in die hele (SA – skryf in woorde) ___.




4.
Barries sal baie (geleentheid – gee die meervoud) ___ kry om mooi (foto – gee die meervoud) ___ te neem, want die Oos-Kaap is (baie mooi – gee een woord) ___. (Binneland – gee 'n afgeleide persoonsnaam) ___ besoek gereeld die Oos-Kaap.




5.
Stef hou stil wanneer hulle 'n yslike (whale – gee die Afrikaans) ___ sien wat (bo, op, bo-op – kies die regte voorsetsel) ___ die water (verdwyn – gee 'n antoniem) ___.




6.
Die Beach Buggy gaan staan wanneer hulle nog (4 000m – skryf in woorde) ___ van die huis af is, (m.a.w. – skryf in woorde) ___ vier kilometer. Barries kan alreeds die huis in die (ver – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ sien.




7.
Dit is vir Barries 'n (uitput – gee die deelwoord) en vernederende (ondervinding – gee 'n sinoniem) ___ om Stef se (vaartuig, vliegtuig, voertuig – kies die regte woord) ___ te moet stoot.




8.
Stef wil weet of Barries oukei is, maar Barries (ken, weet – kies die regte woord) ___ nie hoe om die vraag te (antwoord, beantwoord – kies die regte woord) ___ nie.




9.
Volgens Stef het Paul al baie (gely, gely, gelui – kies die regte woord) ___ en hy wil nie hê Barries moet dinge (erg – gee 'n afgeleide werkwoord) ___ nie.




10.
Paul se pa was (skynbaar – gee 'n sinoniem) ___ 'n (suiplap – gee 'n sinoniem) met 'n (geweld – gee 'n afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ geaardheid.






[Bron: Aangepas vanaf mapsofworld.com]


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking