Dinsdag 12 Mei 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


A.      Tye

Skryf die sinne hieronder in 'n ander tyd (verlede tyd of  toekomende tyd) oor soos aangedui:

1.
Barries beland in die hospitaal, want die dwelms wat Butcher aan hom verkoop, is gifig.

Gedurende die afgelope naweek ...


2.
Barries onthou nie wat gebeur wanneer hy in die hospitaal beland nie.

Verlede Saterdag ...


3.
Hy word wakker met sy ma wat langs sy bed sit. As hy wakker word, het sy geen simpatie met hom nie.

Vroeër vanoggend ...


4.
Volgens haar kan sy nie Barries se dwelmmisbruik langer hanteer nie.

Sê het gesê dat ...


5.
Barries se ma het met die skool gereël dat hulle Barries se jaarpunte gebruik.

Later vandag ...


6.
Twee lede van die polisie se narkotika-afdeling arriveer, maar hulle het nie 'n afspraak om Barries te sien nie.

Vroeër vanoggend ...


7.
Barries word van die besit van dwelms, aanranding en saakbeskadiging aangekla.

As daar 'n hofsaak kom, ...


8.
Kaptein Mfeka gebruik sy boeie as Barries weerstand bied.

Kaptein Mfeka waarsku Barries dat ... as Barries weerstand bied.


9.
Kaptein Mfeka stuur Barries vir ses weke na sy pa toe.

Oor n paar dae ...


10.
Barries is baie versigtig om nie weer in die moeilikheid te beland nie.

In die toekoms ... om nie weer in die moeilikheid te beland nie.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking