Vrydag 20 Maart 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 15

"Wat maak jy by so 'n ouman? ... Hy kon jou pa gewees het. Dis 'n sonde en 'n skande."
"Sonde?"
"Komaan, Olga. Jy weet wat ek bedoel. Dit kan mos nie goed vir jou wees nie."

1.
Vertel kortliks in jou eie woorde waar Olga en Stef mekaar ontmoet het.
2.
Hoe groot dink jy is die ouderdomsverskil tussen hulle ongeveer? Kies jou antwoord uit die volgende:
A
ongeveer 10 jaar
B
ongeveer 20 jaar
C
ongeveer 50 jaar
D
Hulle is ewe oud
3.
Stef en Olga bly gratis op die plaas.
3.1
Wat doen Stef blykbaar om te betaal vir sy gratis verblyf?
3.2
Wat doen Olga skynbaar om die tyd om te kry?
3.3
Hoekom laat Paul toe dat Stef en Olga gratis op sy plaas bly?

'n Warm nat bek druk hom teen die arm wakker.
Jona staan voor die bed en kyk vraend na hom. Hy draai die olielamp se pit hoër en sien die onrus in Jona se oë. "Wil jy by my op die bed slaap?". Hy swaai sy bene van die bed af om Jona op te help.

4.
Wat dink Barries is die rede dat Jona hom in die nag wakker maak?
5.
Wat sien Barries op die vloer as hy sy bene van die bed af swaai?
6.
Hoe weet ons dat Jona op hierdie stadium baie swak is?
7.
Hoe reageer Paul wanneer Barries hom roep om te kom help?
8.
Waar, en in watter toestand, vind hy Paul?
9.
Hoe reageer hy wanneer Barries hy probeer wakker skud?
10.
Wat doen Barries uit pure frustrasie wanneer hy weer in sy kamer kom?

 [Bron: https://clip.cookdiary.net]

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking