Vrydag 27 September 2019

Visuele geletterdheid vir Graad 6 - 7

KWEEK 'N SONNEBLOM


Bestudeer die prentjies en die teks en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel is.


[BRON: Huisgenoot, 1 Augustus 2019]

1.
Noem twee van die benodigdhede wat die meisie in die eerste prentjie in haar hand vashou.
2.
Wat doen sy met haar wysvinger?
3.
Wat hou die meisie in die tweede prentjie in haar regterhand vas?
4.
Wat doen sy met haar linkerhand?
5.
Wat is in die spuitbottel wat die meisie in die derde prentjie vashou?
6.
Wat gaan sy daarmee doen?
7.
Hoekom is dit belangrik dat daar 'n son in prentjie 3 is?
8.
Hoekom, dink jy, haal die meisie die sonneblomplant uit die plastiekkoppie in prentjie 5?
9.
Wat doen die meisie in prentjie 6?
10.
Wat, dink jy, is die rede vir die boekie wat op die tafel lê in die laaste prentjie?

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking