Donderdag 26 September 2019

Leesbegrip vir Graad 6 – 7


KWEEK 'N SONNEBLOM


Bestudeer die prentjies en die teks en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel is.
 

[BRON: Huisgenoot, 1 Augustus 2019]

1.
Hoeveel maande neem dit gewoonlik vir 'n sonneblom om te groei totdat dit blom?
(1)
2.
Hoekom dink jy is die groot blompot opsioneel? Sê kortliks.
(2)
3.
Hoekom is 'n piering nodig as jy sonneblomme wil plant? Sê kortliks.
(1)
4.
Hoekom, dink jy, is dit beter om sonneblompitte in klam grond te plant, eerder as in droë grond? Kies jou antwoord uit die volgende:


A
As die grond droog is, sal die gaatjie wat jy maak, toeval.


B
As die grond droog is, sal die sonneblompit nie opkom nie.


C
As die grond droog is, sal jy per ongeluk meer as een pit plant.


D
As die grond droog is, sal die plant nie hoog kan groei nie.
(1)
5.
Wat kan jy doen as jy nie grond aan jou hande wil hê nie?
(1)
6.
Hoekom is 'n vensterbank 'n goeie plek om 'n sonneblom te kweek? Gee een goeie rede.
(1)
7.
Watter twee dinge, behalwe grond, is nodig vir 'n sonneblom om te groei?
(2)
8.
Hoe lank neem dit 'n sonneblomplantjie om bo die grond te verskyn?
(1)
9.
Haal die woorde aan wat sê dat jy elke keer die sonneblomplantjie genoeg water moet gee as jy dit natgooi.
(1)
10.
Noem twee dinge wat jy met jou sonneblom se saad kan doen.
(2)


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking