Donderdag 11 April 2019

10 VRAE OOR "Martha" deur Ronelda Kamfer

1.
Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is, volgens die gedig. Gee ook 'n rede om jou antwoord te staaf.

1.1
Die spreker is 'n enigste kind.

1.2
Die spreker se ouers is godsdienstig.

1.3
Die spreker-hulle het waarskynlik nie 'n motor nie.

1.4
Die spreker se pa is gewelddadig.

1.5
Die spreker is tans vier jaar oud.
2.
Hoe weet ons dat dit al laat was as die biduur verby was?
3.
Gee twee moontlike redes hoekom die ma vinnig gestap het as hulle van die biduur af gekom het.
4.
Hoekom kon die spreker nie so vinnig soos haar ma stap nie?
5.
Wat het haar hartseer gemaak en laat huil?
6.
Watter bewys kry ons dat die spreker se pa haar ma sonder rede geslaan het?
7.
Watter van die volgende is nie 'n kenmerk van hierdie gedig nie:

7.1
geloof

7.2
vertroue

7.3
hartseer

7.4
geweld
8.
Hierdie gedig is 'n voorbeeld van praatpoësie. Wat, dink jy, is "praatpoësie"?
9.
Die gedig is nie 'n sonnet nie, al bestaan dit uit _____ reëls.
10.
Watter soort sonnet het gewoonlik 'n alleenstaande koeplet aan die einde, 'n Italiaanse of Engelse sonnet?




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking