Donderdag 11 April 2019

10 VRAE OOR "Delft" deur Nathan Trantaal

Die gedig handel oor die mense en die omgewing van die woonbuurt Delft in Kaapstad.

1.
Wat verstaan jy onder die woord "laities"?
2.
Wat doen "laities oppie sypaadjie" in Delft? Sê in jou eie woorde.
3.
Noem twee eienskappe van die wind, volgens die spreker. Gebruik jou eie woorde en nie die gedig s'n nie.
4.
Wat is moontlik 'n huisvrou in Delft se grootste probleem om haar huis skoon te hou?
5.
Verskeie sosiale probleme word in hierdie gedig genoem of gesuggereer. Hoe weet ons, volgens die gedig, dat die volgende probleme in Delft bestaan:

5.1
armoede

5.2
alkoholmisbruik

5.3
oorbevolking

5.4
werkloosheid

5.5
afwesige vaderfigure

5.6
swak dienslewering
6.
Wat noem ons die soort Afrikaans wat in hierdie gedig gebruik word?
7.
Kies jou antwoord uit die moontlikhede hieronder:
Die donkergedrukte woorde in "soese man wattie oo sy laities worry nie" is voorbeelde van

7.1
alliterasie

7.2
assonansie

7.3
assimilasie

7.4
rymdwang
8.
Waarvan is "Die sand het vyl voete en lang naels" 'n voorbeeld?
9.
Watter Engelse woord gebruik die spreker vir "oorweeg"?
10.
Gee 'n voorbeeld van 'n vergelyking uit die gedig.



1 opmerking:

  1. Baie dankie vir die hulp! Hou asseblief so aan, dis goud werd!
    Groot waardering

    AntwoordVee uit