Maandag 08 April 2019

Blokkiesraaisel: Poësieterme


Dwars

1.   Die soort rym waar eindwoorde van alternatiewe versreëls rym (bv. abab)
3.   Die term vir 'n tweereëlige strofe
6.   Agt reëls van 'n gedig, dikwels ter sprake by die sonnet
9.   'n Aantal versreëls wat saamgevoeg word om 'n eenheid te vorm
10. Ses reëls van 'n gedig, dikwels ter sprake by die sonnet
11. Klankweglating, dikwels ter wille van die metrum van 'n gedig
15. Die deurgaanse herhaling van dieselfde vokaal of diftong in 'n versreël of strofe
16. Hy het die Italiaanse sonnet bekend gestel
18. Die soort rym waar 'n woord in 'n versreël met 'n woord aan die einde van die reël rym
19. 'n Gedig met geen leestekens, vaste strofebou of rymskema word 'n _____ vers genoem
20. 'n Strofe wat uit drie versreëls bestaan
21. 'n Literêre term vir "herhaling" wat dikwels gebruik word
22. Die uitleg of die manier waarop 'n gedig afgedruk is

Af

2.   'n Verkorte vergelyking word so genoem
4.   Dit staan ook bekend as "klanknabootsing"
5.   Wanneer menslike eienskappe aan nie-menslike dinge gegee word
7.   Wanneer 'n versreël geïsoleerd van ander versreëls staan ter wille van effek
8.   Die deurgaanse herhaling van dieselfde konsonant in 'n versreël of strofe
12. Vier versreëls van 'n gedig
13. Omgekeerde woordorde ter wille van poëtiese effek
14. Hy het die Engelse sonnet bekend gestel
17. Wanneer een versreël oorgaan in 'n volgende een sonder enige punktuasie
18. 'n Dramatiese, meestal verhalende gedig van epiese omvang waarin herhaling voorkom
19. 'n Sonnet bestaan uit soveel versreëls


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking