Donderdag 04 April 2019

10 VRAE OOR "Niks is waarna dit lyk nie" deur Johan Myburg

1.
Kyk na die beskrywing van die landskap in die eerste twee strofes. Watter twee opeenvolgende woorde in strofe 3 pas by hierdie beskrywing?
2.
Die mooi landskap wat die spreker sien, herinner aan iets wat 'n mens ook kan hoor. Verduidelik hierdie sintuiglike waarnemings kortliks.
3.
"Alles dui, bo alle twyfel, op 'n uitermate goeie jaar." Noem twee dinge waarvan ons lees, wat 'n goeie jaar aandui.
4.
Hoekom verlaat die spreker op 'n stadium sy/haar motor?
5.
Ons kry 'n wending in hierdie gedig.

5.1
In watter versreël vind daar 'n wending plaas?

5.2
Hoe word die toneel na die wending beskryf?
6.
Watter ekologiese gevaar hou te veel skape op 'n plaas in, volgens strofe 3? Gee slegs een woord of verduidelik kortliks.
7.
In die laaste strofe lees ons: "hand oor die neus ..." Wat laat die spreker sy/haar neus toedruk?
8.
Hoekom kon die spreker aanvanklik nie die slang in die voetpad sien nie?
9.
Die gedig bestaan uit vyf strofes van vier reëls elk. Wat noem 'n mens 'n strofe wat uit vier reëls bestaan? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
oktaaf

B
koeplet

C
kwatryn

D
sestet
10.
Die idiome hieronder sluit aan by wat die spreker letterlik in die gedig ervaar. Wat beteken die volgende Afrikaanse idiome?

10.1
Daar is 'n slang in die gras.

10.2
Ek kry snuf in die neus.

                           

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking