Donderdag 04 April 2019

10 VRAE OOR "Mercedesrit in die aand" deur Willem Krog

1.
Op watter bekende Afrikaanse gedig is hierdie gedig gebaseer?
2.
Watter twee groepe mense word in hierdie gedig gekontrasteer?
3.
Watter enkele woord dui aan dat die motorbestuurder geen passasiers in die motor het nie?
4.
Wat, dink jy, word met "skaduweekinders" bedoel?
5.
Wat doen hierdie kinders langs die strate?
6.
Watter woord dui aan dat die kinders desperaat is?
7.
Watter twee opeenvolgende woorde verwys na die luukse sitplekke van die motors?
8.1
Wat is die verskil tussen 'n "voertuig" en 'n "vaartuig"?
8.2
Hoekom, dink jy, gebruik die spreker "vaartuig" in die gedig?
9.
Bestudeer die Afrikaanse gedig waarop hierdie gedig gebaseer is. Dui dan kortliks die verskille in die inhoud van die twee gedigte aan.
10.
Haal 'n voorbeeld van binnerym uit die gedig aan.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking