Donderdag 24 Januarie 2019

10 VRAE OOR Saalhulp deur Kobus Lombard

1.
Watter aanduidings kry ons dat die saalhulp moontlik vervoerprobleme ondervind om by die werk te kom? Noem twee dinge.
2.
Wat moet die saalhulp doen as 'n pasiënt nie self kan eet nie?
3.
Watter drie opeenvolgende woorde verwys na hulpelose oumense?
4.
Wat beteken dit as ons sê dat die saalhulp "onder(kant) die broodlyn" lewe?
5.
Wat sal jy die saalhulp se posbeskrywing noem? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
dokter

B
verpleegster

C
skoonmaker

D
verpleeg-assistent
6.
Watter woord dui aan dat die saalhulp moontlik nagskof werk?
7.
Watter onwelriekende taak het die saalhulp wat niemand graag sal wil doen nie?
8.
Wanneer sal daar van die saalhulp verwag word om fyn linne oor 'n pasiënt se oë te trek?
9.
Hoe bewys die saalhulp aan die einde dat sy belangstel in die pasiënte wat sy versorg?
10.   
Watter aanduiding kry ons dat hierdie saalhulp eintlik identiteitloos is?

                  


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking