Donderdag 24 Januarie 2019

10 VRAE OOR Krokodil deur Johann de Lange

1.
'n Krokodil kan hom baie goed in die water kamoefleer. Aan watter drywende voorwerp herinner 'n krokodil 'n mens?
2.
In die water word die krokodil se bewegings 'n "ligvoetse onderwaterse ballet" genoem. Hoe is die krokodil se bewegings egter buite die water? Haal 'n versreël as antwoord aan.
3.
Hoekom verlaat hierdie krokodilwyfie die water, volgens strofe 2?
4.
Waarvoor is die maraboe bekend, volgens die tweede strofe?
5.
'n Krokodil is 'n reptiel wat uit vroeëre tye oorleef het. Haal woorde uit die tweede strofe aan wat aandui dat hy alreeds lank op aarde leef.
6.
In die eerste strofe word die krokodil as 'n jagter uitgebeeld. In die laaste strofe word die jagter die een wat gejag word. Verduidelik hierdie stelling.
7.
Ons lees in die laaste strofe: "maak hy oop en toe om allerlei kleinighede te sluk".

7.1
Wat maak die krokodil in die eerste strofe oop?

7.2
Watter kleinighede sluk hy in dié strofe?

7.3
Wat word in die laaste strofe oopgemaak?

7.4
Watter kleinighede word hier "gesluk"?
8.
'n Krokodil se vel blink nie. Hoekom blink dit in die laaste strofe?
9.
Gee 'n voorbeeld van 'n metafoor uit die eerste strofe.
10.
Wat is die tipografiese belangrikheid van die baie (45) en kort versreëls wat die digter gebruik?





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking