Donderdag 15 November 2018

10 VRAE OOR Ek het 'n huisie aan die Rand deur Pirow Bekker

1.
Van watter Rand, dink jy, praat die spreker in die titel?
2.
Watter figuurlike betekenis het "Dis nag" (reël 1)?
3.
Ongeveer hoe hoog is die muur wat die spreker om sy eiendom opgerig het? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
twee meter

B
drie en 'n half meter

C
tien meter

D
daar is nie 'n muur nie
4.
Die spreker sê ook dat hy 'n draad gespan het –

4.1
Watter soort draad, dink jy, het die spreker gespan?

4.2
Waar is dié draad moontlik aangebring?
5.
Watter derde veiligheidsmeganisme het die spreker ook by sy huis geïnstalleer?
6.
Haal die versreël aan waarin die spreker aandui dat hy nie in die aand uitgaan nie.
7.
Wat gebeur wanneer "skote knal"?
8.
Haal woorde aan wat verwys na motors wat vinnig wegjaag.
9.
Hoe verskil die lewe buite die spreker se huisie van die lewe binne sy huis?
10.
Watter digsoort kry ons in hierdie gedig?



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking