Woensdag 07 November 2018

10 Belangrike wenke en aspekte van die letterkunde-opstel oor HOOPVOL

1.
Hierdie vraag is uitdagend omdat jy baie feite in baie min woorde moet verskaf.
2.
Jy móét hierdie opstel eers deeglik beplan voordat jy dit kan skryf.
3.
Die inhoud tel 80% (16 punte) en die strukturering tel 20% (4 punte).
4.
Fokus slegs op wat gevra word en moenie onnodig uitbrei nie.
5.
Groepeer feite saam wat bymekaar hoort sodat paragrafering sinvol is.
6.
Feite moet, waar moontlik, chronologies aangebied word.
7.
'n Kort inleidingsparagrafie en slot moet gegee word om die opstel sinvol af te rond.
8.
Moenie sinne doodtrek as jou opstel te lank is nie - goeie beplanning sal dit verhoed.
9.
Lees jou opstel aan die einde vlugtig deur en maak foutjies reg wat mag voorkom.
10.
Onthou om 'n woordtelling aan die einde te gee. Moenie oor die lengte jok nie.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking