Woensdag 17 Oktober 2018

10 VRAE OOR 'n Vigslyer sterf deur Vincent Oliphant

1.
Hoe weet ons dat die vigslyer nie sy stryd alleen voer nie?
2.
Watter woord dui op iets wat stelselmatig afgebreek word?
3.
Wat word in hierdie gedig stelselmatig afgebreek?
4.
In reël 2 word die woord "inplof" gebruik.

4.1
Hoe verskil die betekenisse van "ontplof" en "inplof"?

4.2
Waarmee word die woord "inplof" gewoonlik geassosieer?

4.3
Hoe verskil die vigslyer se inploffing van dít wat gewoonlik ingeplof word?
5.
Haal twee opeenvolgende reëls aan wat sê dat die vigslyer later geen liggaamlike krag meer oorhet nie.
6.
Skryf die ontbrekende woord neer:  "bros" (reël 5) en "brose" (reël 6) beteken albei dat iets baie maklik kan ____
7.
Die vigslyer is uiteindelik net vel en been.

7.1
Wanneer word hierdie uitdrukking gewoonlik gebruik?

7.2
Watter woord in die gedig verwys na sy beendere?
8.
Haal twee woorde uit die gedig aan wat ook na onderdele van 'n skip kan verwys.
9.
Gee 'n voorbeeld van 'n eufemisme uit die laaste strofe.
10.
Ons lees in die laaste reël van "verstaan", dus van begrip.
Behalwe die vigslyer se begrip van wat besig is om met hom te gebeur, kan dit ook na andere se begrip verwys.  Lewer kortliks sosiale kommentaar op hierdie stelling.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking