Maandag 08 Oktober 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 16 (2)


Gebruik die woorde uit die woordwolk om die volgende twee paragrawe korrek te voltooi:

"Nou is die regte tyd. Sy kan dit nie meer langer uitstel nie." (bl. 206)

Caro vertel vir Steve van haar _____, haar goue stem en haar goeie ouers. Sy vertel van haar opstand teen hul armoede en haar _____ pogings om Steve se aandag te trek. Sy vertel van die bose kringloop van teleurstelling, ____ en eet. Sy is verneder toe net haar stem in die revue gebruik is. Steve het die niksvermoedende en onskuldige Caro _____ gemaak en haar verwerp. Sy vertel ook van die vernedering om geld te aanvaar ter wille van haar _____.

"Onafhanklike punte, saamgesirkel in die spel. (bl. 215)

As George weer sy streke tydens die wedstryd teen Merensky uithaal, weier Caro dat George verder _____. Sy besef dat hulle die wedstryd kan verloor, maar sy moet die vete tot 'n einde bring. George besef uiteindelik dat hy verkeerd optree en die span _____. Hy erken dat hy gemeen was en wil graag regmaak. George se boulwerk maak die verskil en Caro se spannetjie wen die wedstryd _____. Die seuns klap hul hande teenmekaar ter viering en Caro sien die swart, wit en bruin hande wat mekaar _____ in 'n sirkel vind. Die _____ word 'n sirkel.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking