Woensdag 26 September 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 9 (2)

Skryf telkens 'n kort paragraaf/'n paar sinne oor die volgende vrae.

1.
Hoe verloop die krieketspan se eerste wedstryd teen Hoërskool Louis Trichardt?
2.
Verduidelik in jou eie woorde hoe Caro die krieketspelers motiveer en bemoedig vir hulle volgende wedstryde.
3.
Hoe beplan Caro sistematies vir die toekoms van haar krieketspannetjie? Verduidelik ook watter belangrike kwessies sy sal moet aanspreek.
4.
Watter besluit neem Caro ten opsigte van die borg wat sy vir haar krieketspan moet kry, en verduidelik hoekom dit 'n moeilike besluit is.
5.
Hoekom is Salome "erg omgekrap" as sy die eetsaal binnestorm, die stoel uitpluk en gaan sit?
6.
Caro is nuuskierig om te weet hoe Salome by die skool beland het. Wat vertel Betsie vir haar hieroor?
7.
Caro besef dat sy 'n besluit sal moet neem en met die waarheid oor haarself  vorendag moet kom. Hoekom is dit vir haar so belangrik?
8.
Hoe reageer meneer Buys, die skoolhoof, in die personeelkamer teenoor Caro en daarna teenoor Salome?
9.
In watter opsig verras Gawie vir Caro as hy haar tydens eerste pouse kom sien?
10.
Caro het voorheen die besluit geneem om George uit die krieketspan weg te laat. Waarom is sy egter hartseer hieroor?



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking