Saterdag 18 Augustus 2018

10 VRAE OOR Toemaar die donker man deur Ingrid Jonker (1)



1.
1.1
Watter aanduiding, behalwe die word "ou", is daar dat die man reeds oud is? Haal 'n paslike versreël as antwoord aan.

1.2
Wat maak hom so merkwaardig vir sy jare?
2.
Wie is hierdie ou man in werklikheid en wat is hy besig om te doen?
3.
Van watter bron van lig lees ons in

3.1
die eerste strofe?

3.2
die tweede strofe?
4.
4.1
Na watter voël wat mooi kan sing, word daar verwys?

4.2
Hoekom word daar spesifiek na hierdie voël verwys?
5.
5.1
Na watter blom wat lekker ruik, word daar verwys?

5.2
Hoekom word daar spesifiek na hierdie blom verwys?
6.
6.1
Na watter ander plante word daar nog verwys?

6.2
Na watter insekte word daar verwys?
7.
7.1
Die donker man het verskillende name, volgens die ma. Noem 4.

7.2
Watter naam dui op stilte?

7.3
Watter naam dui daarop om jou gedagtes af te skakel?

7.4
Watter naam dui aan dat 'n mens nie bang moet wees vir die donker man nie?

7.5
Gee nog 'n rede uit strofe 1 hoekom 'n mens nie die donker man hoef te vrees nie.

7.6
Gee 'n ander naam vir die donker man wat nie in hierdie gedig voorkom nie.
8.
Die kind praat drie keer met haar ma in hierdie gedig. Hoekom voltooi sy nie haar derde vraag nie?
9.
Noem 3 dinge in strofe 2 wat deel is van die nag.
10.
Watter 4 troetelname gebruik die ma wanneer sy met haar kind praat?



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking