Sondag 29 Julie 2018

Kortverhaal: Tydlyn - VEERTIEN BOEKE VIR EMILE deur Jan van Tonder



Veertien boeke vir Emile

  • Dawn Winterbach, die hoofkarakter se kêrel Emile, verbreek hul verhouding, want hy raak verlief op Lucille, 'n pragtige meisie.
  • Dawn skryf 'n boek, Elke hond kry sy dag, onder die skuilnaam Delia Wium.
  • Emile woon Delia se boekbekendstellings by. Delia skryf elke keer een woord voorin Emile se eksemplaar. Emile besef dat sy besig is om vir hom 'n boodskap te skryf.
  • Delia skryf twee boeke per jaar en dit neem sewe jaar om die boodskap aan Emile te voltooi.
  • Emile mis een van haar boekbekendstellings en dus 'n woord.
  • Die finale boodskap lees: Hierdie sin sal nooit soveel sin maak as die _____ van my boeke nie.
  • Delia sê uiteindelik vir Emile dat die ontbrekende woord "titels" is.
  • Emile sien dat die eerste letter van elke boek die boodskap "VAARWEL MY EMILE" uitspel.
  • Die punt in die laaste boek dui aan dat hierdie hoofstuk in Delia se lewe afgesluit is.
  • Dawn besef dat sy haarself bedrieg om Delia Wium se persona aan te neem.
  • Dawn is steeds baie lief vir Emile en gaan nog baie huil voordat sy oor die verbreking van hul verhouding is.





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking