Donderdag 26 Julie 2018

Kortverhaal: Tydlyn - LYWE deur Jaco Fouché


Lywe
  • Adriaan woon die karatekampioenskappe by 'n sportsentrum by waar hy as deelnemer sal optree.
  • Hy kyk belangstellend na 'n meisie wat altyd saam met die kinders van Vredenburg deelneem.
  • Hy is senuweeagtig, naar en gespanne en is skaars bewus van wat om hom aangaan.
  • Hy stap buitetoe en dink dat hy sport te ernstig opneem en dit daarom nie kan geniet nie
  • In die kleedkamer is 'n manshokkiespan besig om te verklee en Adriaan gee vinnig pad.
  • Terug in die saal sien hy hoe die meisie van Vredenburg haar kata foutloos uit.
  • Halfpad deur Adriaan se kata ontsenu die toeskouers hom so erg dat hy sy roetine vergeet.
  • Hy verlaat dadelik die saal en gaan kyk hoe mense in stywe klere sweefstok-toertjies oefen.
  • Die meisie met die perfekte kata sluit by Adriaan aan stel haarself as Katrien voor.
  • Volgens haar is dit harde werk om goed te doen. Sy doen haar katas tien keer per dag sodat sy dit nie vergeet nie.
  • Adriaan ontspan in Katrien se geselskap en hulle lag en maak grappe.
  • Terug in die saal ontvang Katrien 'n goue medalje vir haar vertoning.
  • Die aand is verby en Adriaan en Katrien moet groet. Hulle belowe om mekaar oor twee maande by die WP-proewe te sien.
  • Katrien se laaste woorde aan Adriaan: "Die kata. Oefen dit tien maal per dag, dan sal jy nie vergeet nie."
  • Skielik word die dag van mislukking en teleurstelling sinvol en Adriaan se lyf word een van hierdie dag vol lywe.



[Bron: http://www.clipartpanda.com/clipart_images/]







Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking