Donderdag 26 Julie 2018

Kortverhaal: Tydlyn - DIE TROMPET VAN TRITON deur Solet Scheeres (1)


Die trompet van Triton

  • Die meisie loop alleen op die strand en maak haarself wys dat sy haar pa haat.
  • Sy verwyt hom vir die feit dat hy sy drome gevolg het en haar en haar ma in die steek gelaat het.
  • Sy raak in vervoering en word hartseer as sy die suiwer klanke van 'n trompet hoor opklink.
  • Sy ontmoet die trompetspeler. Hy vra verskoning dat hy haar laat huil het. Hy blyk later een van die groot trompetmeesters van die klassieke wêreld te wees.
  • Hy wys vir haar 'n tritonskulp en verduidelik dat dit die voorloper van die moderne trompet is. Hy leer haar hoe om daarop te blaas om klank voort te bring.
  • In haar hotelkamer ontvang sy later 'n pakkie met 'n tritonskulp en 'n uitnodiging om daardie aand sy trompetuitvoering in die Gaiety Teater by te woon.
  • Sy woon die uitvoering by waar haar pa die dirigent en die trompetspeler die gaskunstenaar is.
  • Hy dra sy musiek aan haar op met die boodskap: Musiek kan 'n mens se diepste hartseer genees en jou leer om jou lot te aanvaar.
  • Sy is so betower deur die musiek dat sy besluit om self te leer trompet speel.
  • Haar swak verhouding met haar pa word herstel danksy die Hongaarse trompetspeler se betowerende spel.


[Bron: http://etc.usf.edu/clipart/14000/14086/mrntrmtshel_14086.htm]



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking