KARAKTERS
Jakoet se ma
Ons lees nie veel van Jakoet se ma in
hierdie verhaal nie, maar dit is duidelik dat sy baie afhanklik is van Jakoet
en die ekstra inkomste wat hy inbring. Baie van Tarentaalplaas se inwoners is
werkloos en Jakoet se ma werk slegs vier dae per week vir 'n karige inkomste.
Hiermee is sy nie in staat om vir haar en Jakoet te sorg nie.
Jakoet se ma is baie dankbaar vir
Jakoet se bydrae, en baie teleurgesteld as hy die dag sonder enige geld by die
huis opdaag. Sy besef egter nie dat Jakoet se sukses van goeie
weersomstandighede afhang nie en dat hy nie kreef kan vang as die water troebel
of die see onstuimig is nie. Dan kyk sy hom verwytend aan en dink dat hy die
geld op ander dinge verkwis het, alhoewel sy dit nooit hardop sê nie.
Dis vir Jakoet baie lekker as hy sy
kreefgeld aan sy ma kan oorhandig as hy die dag goed gevaar het. Hy kry baie
bevrediging daaruit as hy sy ma se vreugde oor die geld sien en dit laat hom
belangrik voel wanneer sy hom die broodwinner noem.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking