KARAKTERS
Oompie Kassiem
Ons ontmoet nie vir Oompie Kassiem in
persoon in hierdie verhaal nie. Ons leer hom slegs ken uit wat Jakoet van hom
sê. Hy is 'n mede-inwoner van Tarentaalplaas, die arm gemeenskap waarin Jakoet
en sy ma ook woon. Hy stel sy fiets beskikbaar vir wanneer Jakoet gaan kreef
uithaal. Dis 'n moeilike fiets om mee te ry, want dit het dik bande en geen
ratte nie. Jakoet is egter dankbaar vir die lekker drabak vooraan die fiets
omdat hy sy duiktoerusting, kreefvangs en leë bottels daarin kan vervoer.
Oompie Kassiem het vir Jakoet vertel
dat die seewater in die omgewing vroeër gewemel het van kreef. Volgens hom kon 'n
mens mandjiesvol kreef oes sonder om daarvoor te duik. Orals in die vlak water
was daar kreef wat 'n mens sonder enige moeite kon uithaal. Deesdae is kreef
egter skaars omdat kreefvangers met groot bote op die see uitgaan om kreef vir
die visfabriek te oes; dit laat baie min krewe oor vir die res van die
gemeenskap.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking