BESPREKING
Die verhaal wentel hoofsaaklik om
Jakoet se onverwagte kennismaking met 'n reuse-withaai. Hy beleef 'n goeie dag
en vang binne 'n halfuur vyf yslike krewe. Wanneer hy egter na Robklip toe
beweeg waar die grootste krewe is, raak hy skielik bewus van 'n reuse-skaduwee
agter hom. Wanneer hy oor sy skouer loer, skrik hy hom yskoud wanneer hy besef
dat dit 'n wit-doodshaai is. Die grootste gedeelte van die verhaal handel oor
Jakoet se verbete stryd om nie in die wrede haai se kake te beland nie. Wanneer
hy uiteindelik ongedeerd ontsnap, is daar baie vrae in sy gemoed waarvoor daar
nie antwoorde is nie.
Die positiewe gevolg van hierdie
vreesaanjaende ervaring, is dat Jakoet baie meer selfvertroue gee om moeilike
situasies te hanteer. As hy 'n bietjie later, op pad huis toe, deur 'n groep
skollies met 'n mes gedreig word, is daar geen vrees in hom nie, want hy het
daardie dag iets veel ergers oorleef. Sonder moeite verwilder hy hulle en hulle
slaan op die vlug.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking