Woensdag 20 Junie 2018

10 VRAE OOR By die robot in Eerstelaan van Marita van Aswegen

Hierdie gedig is voorgeskryf vir die NSS Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal.


1.    Wat doen die blinde bedelaar elke dag by die robot in Eerstelaan?
2.    Volgens hom is sy lyf baie seer. Waarvan pyn sy lyf?
3.    In strofe 1 lees ons: "twee pare voete girts oor die teer". Verduidelik kortliks aan wie die tweede paar voete behoort.
4.    Watter woord in strofe 1 dui die bedelaar se willoosheid aan?
5.    "Mammie, hy's blind," piep 'n dogtertjie sag –
       Gee nog twee bewyse uit die gedig dat die man op die straathoek nie kan sien nie.
6.    Watter soort rym kry ons in hierdie gedig? Kies jou antwoord uit die volgende:
       A  paarrym
       B  omarmde rym
       C  kruisrym
       D  binnerym
7.    Ons kry verskillende voorbeelde van onomatopee (klanknabootsing) in hierdie gedig. Gee enige vyf voorbeelde hiervan.         
8.    Watter twee woorde in strofes 2 en 4 is sinonieme?
9.    Noem drie soorte voertuie waarvan ons in die gedig lees.
10.  Hoekom, dink jy, lag die tsotsi aan die einde van die gedig?



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking