Sondag 06 Mei 2018

Woordeskat: Blokkiesraaisel (3)


Dwars

3.    Hy swyg soos die _____ oor sy verlede
4.    Sy is baie ryk; sy het geld soos _____
8.    Pieter _____ soos 'n vis vandat hy drie jaar oud is
9.    My duvet voel so lig soos 'n _____
10.  Hy het uit sy werk bedank en nou voel hy so _____ soos 'n voël
11.  Die man het baie geld en leef soos 'n _____
12.  Hy het baie gewig opgetel; hy is nou so vet soos 'n _____
13.  As jy in die grot is, is dit _____ soos die nag
14.  Ag kyk net – hy _____ soos 'n pou met sy nuwe motor

Af

1.    Ek glo niks wat Gert sê nie – hy lieg soos 'n _____
2.    Die kind is so stil soos 'n _____, want sy ma het vir hom lekkers belowe
5.    Die vloer is glad soos _____
6.    Ons is in 'n rookvrye sone, maar Angus rook soos 'n _____
7.    Hy sluip alewig rond soos 'n _____ in die nag
8.    Wees baie versigtig vir Melinda, sy is listig soos 'n _____

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking