Sondag 06 Mei 2018

IEB Taalwerkboek Graad 10

Die Edupage cc Taalboek vir Graad 10 bevat die volgende aspekte:


  • Modules begin met 'n leesteks, gevolg deur 'n woordeskatlys (Afrikaans/ Engels).
  • Die leesteks en woordeskatlys word gevolg deur 'n leesbegripvraag. Daar is genoeg spasie om antwoorde in die boek in te vul.
  • Die leesbegrip word gevolg deur twee sinstruktuurvrae, een wat fokus op 'n spesifieke sinspatroon en een waar 'n verskeidenheid sinstrukture getoets word. Party taalpatrone word van tyd tot tyd herhaal ter wille van inskerping.
  • Elke module toets eers spesifieke woordstrukture, gevolg deur 'n oefening wat 'n verskeidenheid woordstrukture toets. Woordstrukture tel ½ punt elk en moet 100% korrek wees.
  • By elke module is daar 'n kommunikasievraag waar eie response gegee moet word en eie sinne gekonstrueer moet word.
  • Opsommings aan die einde van elke module lyk baie soos die kommunikasievraag. Dis minder kreatief, maar meer gedissiplineerd.
  • In enkele modules is daar aan die einde ook 'n skryftaak.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking