Dinsdag 01 Mei 2018

Taalvaardigheid: Lydende en bedrywende vorm


Lydende en Bedrywende vorm

  • Verandering vind op drie plekke plaas wanneer ons 'n sin van die bedrywende na die lydende vorm toe verander. Alle ander komponente en posisies bly onveranderd.
  • Die voorwerp (O) neem die plek van die onderwerp (S) in.
  • Die werkwoorde  verander soos volg – Voorbeeld:

         droom → word ... gedroom (teenwoordige tyd)
         het ... gedroom → is ... gedroom (verlede tyd)
         sal ... droom → sal ... gedroom word (toekoemende tyd)

  • Ander hulpwerkwoorde soos sou, kan, kon, moet, moes, mag, werk presies dieselfde as 'sal' hierbo.
  • Die onderwerp neem die plek van die voorwerp in, met die woord 'deur' vooraan.
  • 'n Vraag in die lydende vorm werk op dieselfde manier as 'n stelling, met gewysigde woorde, natuurlik.
  • 'n Bevel wat met 'n werkwoord begin, bevat 'n 'moet' in die lydende vorm. Voorbeeld:

         Lees die boek oor drome vir môre → Die boek oor drome moet vir môre gelees word.

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking