Maandag 30 April 2018

Taalvaardigheid: Betreklike voornaamwoorde


Betreklike voornaamwoorde
  • Betreklike voornaamwoorde het ook die funksie om sinne met mekaar te verbind, net soos voegwoorde.
  • Dieselfde woorde kan dikwels as vraagwoorde en as betreklike voornaamwoorde gebruik word.
  • Dit word gebruik om sinne te verbind wat iets gemeen (in common) het.
  • Die betreklike voornaamwoord volg in die eerste sin direk op die ding wat in die tweede sin herhaal word (sien voorbeeld hieronder).
  • Wanneer sinne verbind word, val dít wat herhaal, weg.
  • Alle betreklike voornaamwoorde werk op dieselfde wyse as groep 3-voegwoorde, m.a.w. die werkwoord skuif na die einde toe.

         Byvoorbeeld:   Die hyskraan moes die man laat sak. Die hyskraan het omgeval.

                    Die hyskraan wat die man moes laat sak, het omgeval.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking