Die perspektiefskoot
'n Perspektiefskoot skep die indruk dat die kamera
presies sien wat die karakter sien, wat baie oor 'n karakter of 'n situasie kan openbaar. Die
perspektiefskoot plaas die kyker direk in die kop van die karakter sodat die
kyker daarmee kan identifiseer. Die oor-die-skouerskoot is 'n
perspektiefskoot wat die kyker se aandag vestig op dít waarna die karakter kyk.
In hierdie kameraskoot uit Ballade vir 'n Enkeling wys die kamera Gavin Greeff se skouer. Hy sien vir Carina wat teen hom opstaan tydens hulle finale konfrontasie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking